Update
STILBAAI NUUS - 'n Rekordgetal deelnemers het op Dinsdagoggend 31 Desember aan NSRI stasie 31 se jaarlikse pretdraf oor 6 km en 10 km deelgeneem.
Volgens Nico Steenekamp is 1 200 inskrywings ontvang. Heelwat drawwers en stappers het ook hul viervoetige beste vriende op die uitstappie saamgeneem.
Die mansafdeling van die 10 km-wedloop is deur Wayden Kombela van Melkhoutfontein in 39:00 gewen.
Die eerste vrou by die eindpunt was Verone Grobler wat die afstand in 46:42 afgelê het. Arno Cilliers was met 'n tyd van 42:26 die vinnigste junior, terwyl die veterane ook hulself laat geld het. In die 40+-afdeling was Johnny Young die vinnigste man met 'n tyd 41:02, in die 50+-afdeling was dit Henry Wolstenholme in 41:46 en Nico Steenekamp het in 53:40 in die 60+-afdeling skoonskip gemaak.
Die vinnigste dame in die 40+-afdeling was Analie Heyns met 49:50. Marie Scholtz het met 55:28 in die 50+-afdeling geseëvier, terwyl Hester Genis met haar tyd van 1:11:00 die 60+-afdeling gewen het.
Ben Vorster het in 48:00 met die 6 km-wedloop klaargespeel.
Amper tyd vir die wegspringsirene.
Twee - en vierbeen-deelnemers staan gereed om weg te spring. Foto: Deona Aucamp
Wayden Kombela en NSRI-bevelvoerder George Sabbagha.
Lees 'n vorige artikel: Groot aantal inskrywings vir NSRI 10km wedloop
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'