STILBAAI NUUS - Dit was net ’n see van koppe soos deelnemers aan die Stilbaai NSRI 10 km-wedloop op Dinsdagoggend 31 Desember gewag het om weg te spring.
Bevelvoerder George Sabbagha reken daar is meer as 1 000 inskrywings vir dié pretdraf en -stap ontvang.
Heelwat mense het ook hul viervoetvriende vir die uitstappie saamgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'