Update
HESSEQUA SPORT NUUS - Die Hessequa Domino-vereniging het Sondag 7 Julie so amper hul rieme op Ashton styf geloop.
Die span het teen Langeberg gespeel en die wedstryd met 424-338 gewen.
Langeberg het sommer vroeg toegeslaan en in die eerste twee ure met 237 - 188 voorgeloop.
Freek (Vaatjie) Adams, toerorganiseerder, moes hard met sy spelers praat en in die volgende twee ure was daar 'n merkbare verbetering in hul spel.
Volgens Adams is hy baie trots op sy span se gehoorsaamheid.
Jan Heyns, Jan Lewack, Eric Sebybo, Carmen Sebybo, Jan Hartnick, Pay Prins, Juan Saayman, Adam Baadjies, Piet Witbooi, Coenie Jansen en Piet Jansen (kaptein) was die spelers van die wedstryd.
Die vereniging versoek die gemeenskap dringend om hulle geldelik te ondersteun.
"Ons het donasies nodig, want ons moet nog twee toere onderneem. Op 8 September speel ons teen Boland op Robertson, en op 6 Oktober teen Eden op Mosselbaai."
Hy het Sam Coetzee van Aloe Ferox op Albertinia hartlik bedank vir die borgskap wat die spelers se rit na Ashton moontlik gemaak het.
Kontak Adams by 076 096 5707 vir meer besonderhede.
Lees 'n vorige artikel hier: Domino-spelers kort kwaai woorde
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'