HESSEQUA SPORT NUUS - Spelers van die Hessequa Domino-vereniging het amper hul rieme teen die span van Langeberg op Ashton styfgeloop.
Freek (Vaatjie) Adams, die organiseerder, moes na die eerste twee ure hard praat, maar gelukkig was die spelers gehoorsaam en het hulself reggeruk en uiteindelik gewen.
Die span het nog twee wegwedstryde oor en vra die gemeenskap vir donasies om hul reisonkoste na onderskeidelik Robertson en Mosselbaai te dek.
Kontak Adams by 076 096 5707 vir meer besonderhede.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'