Gallery Update
STILBAAI NUUS - Elzaan Cronjé van die plaaslike klub is met 24.59 punte as die top vrouehengelaar van die dag aangewys.
Eden-hengelassosiasie het hul sewende ligakompetisie op Saterdag 23 Februarie op Wildernis aangebied.
George-hengelklub het daarin geslaag om die beste te vaar. Hengelaars het by Kleinkrans bymekaargekom en kon van 07:00 tot 15:00 hengel.
Die grootste oneetbare vis, 'n bul rog (pylstert) van 37.96 kg, is deur Bernard van Wyk van George ingeweeg. Kyle Small (o.21) van Knysna het die grootse eetbare vis, 'n kabeljou van 39.18 kg uitkatrol. Hy is ook as top o.21-hengelaar van die dag met 90.30 punte aangewys.
Atlantic-hengelklub in George se Jayden Koopman is die top o.16 hengelaar met 29.84 punte. Die top meester is Deon Naude van Tritonklub met 34.80 punte en die grootmeester is André Grundling van George met 32.78 punte. Die volgende kompetisie vind Saterdag 30 Maart op Stilbaai plaas.
Puntestand
A-liga
Stilbaai 872.66; Knysna 791.26; George 743.86; Outeniqua 713.37; Triton 687.57; Atlantic 627.88; Mosselbaai 225.85.
B-liga
Stilbaai 531.05; Knysna 482.24; Triton 437.90; George 372.17; Outeniqua 363.04; Atlantic 307.04; Mosselbaai 124.42.
C-liga
George 213.57; Knysna 91.16; Outeniqua 90.66; Atlantic 64.17; Triton 61.68; Stilbaai 60.55.
Lees 'n vorige artikel hier: Stilbaaier is top vrouehengelaar
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'