Update
ALBERTINIA SPORTNUUS - Black Balls het weer vir groot opwinding gesorg toe hulle Sondag, 6 Junie die Headliners van Slangrivier in hulle agterplaas met 21-15 kafdraf.
Hulle C-span het 'n goeie grondslag met 'n telling van 7-5 teen hulle eweknie gelê.
Black Balls se B-span verloor egter hulle wedstryd met 5-7. Met die telling gelykop op 12-12 kon die besoekers van Albertinia geen foute bekostig nie, maar hulle het sommer vroeg in hulle wedstryd gewys wat in hulle steek en hulle wen gemaklik met 9-3.
Albertinia se ander potspelklub, V-Dub het vir Shooting Stars van Riversdal ook ore aangesit en hulle wedstryd met 19-17 in hulle tuisdorp gewen. V-Dub, wat uit 'n baie jong span bestaan staan vir niemand terug nie en kan groot kanonne lelik laat kleitrap.
Down Town van Albertinia het ook hulle wegwedstryd met 22-14 teen Legend Killers van Heidelberg gewen.
Vorige artikel: Albertinia se spanne pot raak
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'