ALBERTINIA SPORTNUUS - Die potspelspanne van Albertinia het goeie resultate die afgelope naweek in hul wegwedstryde behaal.
Black Balls het Sondag, 6 Junie die Headliners van Slangrivier in hulle agterplaas met 21-15 kafgedraf.
V-Dub het vir Shooting Stars van Riversdal ook ore aangesit en hulle wedstryd met 19-17 gewen.
Down Town het ook hulle wegwedstryd met 22-14 teen Legend Killers van Heidelberg gewen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'