Update
STILBAAI SPORTNUUS - Die 3 G's-rolbalspan het Stilbaai-rolbalklub se afgelope aksierolballiga gewen.
Dié span was uit Gert Willemse, Gary Ristow en Graham Botha saamgestel.
Dial-a-Money was tweede, met Rolmodelle wat die derde plek kon los rol.
Die klub se aksierolballiga is vir twee jaar nie gespeel nie, maar op 15 Oktober het 12 entoesiastiese spanne uit die dorp se besighede en gemeenskap weer die liga hervat.
Elke span het uit drie spelers en 'n reserwe bestaan. Vir ses weke het die spanne mekaar die stryd aangesê, met die eindstryd wat op Donderdag, 19 November plaasgevind het. Die weer het goed saamgespeel en elke Donderdag se spel kon in aangename weersomstandighede plaasvind.
Die 12 spanne was Boshoff Visser, JB Raakvatters (Jagersbosch), Wys-my-jou-kat, JB Chiefs (Jagersbosch), Urheim Pirates, Sotheby's, Golf Hackers, Rolmodelle (CP & B en Putstop), Dial-a-Money, Die Bubblies, 3 G's en Just Property.
Elke span het 'n rolballid uit die Stilbaai-rolbalklub as afrigter gehad wat deurentyd aanwesig was om die spanne te help en te lei.
Die volgende aksierolballiga sal gedurende Februarie en Maart 2021 plaasvind.
Wenners van die aksierolballiga: Die 3 G's: Gert Willemse, Gary Ristow en Graham Botha.
Die Rolmodelle was derde: Jan Faber, Jacques Westcott, Ben Vorster en Dup van Renen (visie-president).
Vorige artikel: Aksie in sosiale rolballiga
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'