Update
HESSEQUA SPORTNUUS - Dansers, of meer korrek, die akrobate van Anwyn's Dance Academy het Saterdag, 20 Maart die Intergrated Artistic Acrobatic Association of South Africa se nasionale akrobatiese eksamens afgelê.
Volgens hul afrigter, Anwyn Winterbach het hulle besonder goed gevaar, veral die 15-jarige Abigail Kruger en die vierjarige Meagan Steyl wat met 100% geslaag het. Kruger is die oudste danser by die akedemie en Steyl die jongste.
"Die akedemie bied verskillende style van dans, akro, modern- jazz, kontemporêr, hip-hop en selfs persoonlike afrigting aan. Ek het drie skole, naamlik in Stilbaai, Riverdal en Heidelberg," vertel hy. Klasse word van die ouderdom van drie jaar tot volwasse aangebied.
Die eksaminator was Anne-Marie de Villiers van Gauteng.
Uitslae:
- Abigail Kruger 100%,
- Meagan Steyl 100%,
- Kaili Landman 97.50%,
- Marli Matthee 98.53%,
- Dane Wescott 95.12%,
- Tegan Brits 93.90%,
- Dané Cronjé 92.92%,
- Kiara Gray 92.68%,
- Nea-Lize Rautenbach 90.00%,
- Rezel Linstrom 90.00%,
- Liane Hartwell 89.26%
- Cara-Lee Badenhorst 84.80%
"Ek is baie trots op hierdie dansertjies," het hy afgesluit.
Dié jong akrobate het uitstekend met die nasionale aktrobatiese eksamen gevaar.
Vorige artikel: Akrobate vaar uitstekend
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'