STILBAAI NUUS - Leerders van Laerskool Bertie Barnard het uitstekend gevaar by die Rola Bredasdorp Top 10-atletiekbyeenkoms wat van 23 tot 25 Oktober by Hoërskool Bredasdorp plaasgevind het.
Christiaan Krumm het eerste plek in die 1 200 m vir seuns o. 10 behaal, terwyl Hudson Ponot tweede plek in die 1 200 m vir seuns o. 11 losgedraf het.
Johan de Jager het tweede plek in die seuns o. 13-spiesgooi behaal. Joshua Lochner was derde in die 70 m-hekkies en hoogspring vir seuns o. 10.
Lana Westcott het tweede plek in die dogters o. 10-verspring behaal, en Madison October was tweede in die dogters o. 12-spiesgooi.
Altesaam 15 leerders van die skool het onder die top agt in hul onderskeie items geëindig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’