Update Video
JONGENSFONTEIN NUUS EN VIDEO - Die enorme spermwalvis-karkas wat vir weke langs die Jongensfontein-kus gedryf en later op die rotse uitgespoel het, is verwyder.
Hessequa-munisipaliteit het ‘n kontrakteur aangestel om met behulp van dinamiet en meganiese toerusting die taak te verrig.
Die oorskot is in die omgewing van Melkhoutfontein ingevolge die wette van toepassing op die storting van die oorskot, gestort.
Die walvis het na beraming ongeveer 40 ton geweeg.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikels:
- Karkas verwyder
- Walviskarkas gaan wel verwyder word
- Gestrande walvis gaan nie verwyder word nie
- Walviskarkas by Jongensfontein
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'