Update
SWELLENDAM NUUS - 'n Helikopter het Saterdag 14 Oktober neergestort nadat hy vermoedelik die hoëspanningsdrade van 'n Eskom-kraglyn getref het terwyl hy met pesbesproeiing besig was.
Die voorval het omstreeks 14:00 op die plaas Diptka in die Swellendam-distrik gebeur.
"Inligting dui daarop dat die 42-jarige vlieënier beheer oor die helikopter verloor het," verduidelik kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse-polisiewoordvoerder.
Die vlieënier is per ambulans na die hospitaal geneem waar hy mediese behandeling ontvang.
Hy het 'n gebreekte linkerbeen / enke besering opgedoen en het verskeie laserasies.
Sy toestand word as ernstig maar stabiel beskryf.
Heidelberg was vir 'n groot deel van die dag sonder krag as gevolg van die voorval, maar was teen ongeveer 21:15 herstel.
'n Saakdossier is by Swellendam-polisie geregistreer in terme van die bepalings van die Burgerlugvaart-wet wat verband hou met die roekelose en/of nalatige vlieg van 'n vaartuig (helikopter).
Lede van die Burgerlugvaartowerheid het Sondag die toneel besoek en sal die voorval en oorsaak daarvan verder ondersoek.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'