RIVERSDAL NUUS - Die vermeende dwelmhandelaar John (Tokka) Pietersen van Riversdal is deur die nag van 8 en 9 Desember by Caledon op die N2 noodlottig beseer.
Hy het langs die pad stilgehou en na bewering uitgeklim om selfoonsein te kry toe hy deur ’n voertuig raakgery is.
Hy is op die toneel dood.
Pietersen het in 2017 tereg gestaan op vyf aanklagte van handeldryf in tik. Hy is in 2018 in die Riversdal-landdroshof borgtog geweier, maar is later deur die Wes-Kaap hooggeregshof borgtog van R10 000 toegestaan.
Een van die borgvoorwaardes was dat hy nie in Riversdal mag kom nie, tensy sy saak hier voorkom. Hy het in Elsiesrivier gewoon.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'