Update
RIVERSDAL NUUSFLITS - Die lykskouing op Stefan Marais, die graad 11-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale wie se liggaam Saterdag in die Goukourivier opgespoor is, sal môre (Dinsdag 23 Januarie) op Oudtshoorn uitgevoer word.
Dit is volgens Jaco Pretorius van die Forensiese Patologiese Dienste.
Hoewel Stefan vermoedelik verdrink het, sal dit eers met die outopsie bevestig kan word.
Emosies het hoog geloop toe die lewelose liggaam van die leerder om ongeveer 12:58 op Saterdag 20 Januarie deur die polisieduikers aan wal gebring is.
Die skoolhoof, mnr. André Latsky in gebed saam met ‘n groepie.
Lees vorige artikels:
- Lewelose liggaam van seun gevind
- Vermiste seun nog nie opgespoor nie
- Stefan Marais is nog nie gevind nie
- Vermiste seun nog nie gevind
- Opvolg: Vermiste seun
- Stilbaai: Seun vermis
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
FOTO'S: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'