STILBAAI NUUSFLITS - ‘n Graad 11-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, Stefan Marais (17) is sedert 13:00 vanmiddag vermis.
Volgens inligting het Stefan vanoggend saam met die graad 8-leerders vir hul spanbou aktiwiteite in die Oakdale-bussie na Stilbaai gekom, maar hy het nie saam met hulle na Riversdal teruggekeer nie.
Sy klere is by die riviermond gevind.
Die plaaslike NSRI is besig om met die soektog te help.
A.o. Morné D’Emiljo (Vispol) het gesê hoewel dit nog nie by die polisiestasie aangemeld is nie, het hulle polisieduikers van Mosselbaai laat kom om met die soektog te help.
Die vermoede bestaan dat hy verdrink het, maar dit kan nie met sekerheid gesê word nie.
Meer inligting sal verskaf word soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'