Update
STILBAAI NUUSFLITS - Die plaaslike polisie, by monde van a.o. Morné D'Emiljo het aan Suid-Kaap Forum gesê dat Stefan Marais nou as vermis aangemeld en 'n dossier geopen is.
Die polisieduikers van Mosselbaai het gearriveer, maar sal môreoggend die soektog voortsit.
Stefan se ouers, Pienaar (Pine) en Petrusa Marais is onderwysers by onderskeidelik Oakdale en Langenhoven.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Van die inwoners, asook Pienaar op die toneel.
Lees 'n vorige artikel | Stilbaai: Seun vermis
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'