Gallery Update Video
STILBAAI NUUSFLITS & VIDEO - Die graad 11-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal, wat Vrydagmiddag (19 Januarie) vermis geraak het, is nog nie gevind nie.
Die vermoede bestaan dat Stefan Marais (17) verdrink het.
Hy was saam met 'n groep leerders per bus na Stilbaai vir spanbou aktiwiteite by die rivier.
Die bus het egter sonder hom teruggekeer.
Ouers, familie, vriende en inwoners het gister sedert ongeveer 13:00 na hom begin soek.
Die NSRI, polisie en duikers het by hulle aangesluit.
Die soektog is vanoggend in reën en winderige weerstoestande voortgesit.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels:
- Stefan Marais is nog nie gevind nie
- Vermiste seun nog nie gevind
- Opvolg: Vermiste seun
- Stilbaai: Seun vermis
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'