Die voorval het omstreeks 15:20 te Bloekomlaan plaasgevind. "Dit word beweer dat die slagoffer, Nicoline October, deur 'n mede 32-jarige inwoner van dieselfde woning met 'n mes in die nek gesteek is. Sy is in die slagaar getref.
Die motief vir die voorval is onbekend en word ondersoek," het kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaap media woordvoerder op navraag gesê.
Lede verbonde aan die plaaslike polisie het die toneel besoek, waar die slagoffer op die grond in 'n plas bloed aangetref is. Die verdagte is gearresteer en het Maandag, 3 Februarie in Riversdal landdroshof op 'n klagte van moord verskyn. Die uitslag van die beskuldigde se eerste verskyning was nie beskikbaar nie.
* IN SHORT
A 25-year-old woman of Bloekom Avenue in Albertinia was killed in an apparent knife attack on Sunday, 2 March. The suspect a 32-year-old resident of the same house was arrested in connection with the murder. According to Capt. Malcolm Pojie, South Cape media spokesperson, the victim, Nicoline October, was stabbed in the neck. The motive for the incident is unknown and is being investigated. The suspect was arrested and appeared in the Riversdale Magistrate's Court on Monday, 3 February on a charge of murder.

Die woning waar die voorval plaasgevind het. Foto: Heinrich Fortuin. Inlas: Wyle Nicoline October
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'