Advertorial
SAKENUUS - Discovery Health het BVSA se mediese span vir die vierde agtereenvolgende jaar met die Bronze-toekenning by die Discovery Health IFA Prestige Awards 2026 vereer.
Die toekenning vorm deel van Discovery se interne program vir onafhanklike makelaars en finansiële adviseurs (IFA's) wat as ambassadeurs van die handelsmerk optree.
Die program gee erkenning aan geïntegreerde verkope, bewese leierskap in die bedryf en volgehoue toewyding aan groei en ontwikkeling.
Agter dié prestasie staan Karin Theron, hoof van BVSA se mediese afdeling, en Anel Heyns van Swellendam; Luanne Nel, Zelna Visser en Kim Grobbelaar van Stilbaai; en Christel Jansen van Malmesbury.
BVSA se mediese afdeling bedien kliënte al meer as 25 jaar. Die span gebruik hul jare lange ervaring om individue, gesinne en werkgewers met hul mediese dekking te help. Hoewel die toekenning van Discovery kom, adviseer die onafhanklike span oor 'n wye verskeidenheid mediese fondse.
Hulle help kliënte om opsies te vergelyk en dekking te kies wat by hul behoeftes en begroting pas, met elke kliënt se beste gesondheidsbelange op die hart. Die span help ook met gapingsdekking en reisversekering en staan werkgewers by om geskikte mediese dekking vir hul werknemers te kies.
Hul ondersteuning strek verder as die keuse van 'n mediese fonds. Wanneer 'n kliënt met 'n ingewikkelde eis of hospitaalopname te doen kry, kan 'n bekende kontakpersoon in die span met raad en daad bystaan en met die eis of hospitaalmagtiging help. Vir Theron is dié persoonlike bystand die kern van die span se werk.
"Ek is uiters trots op die span en op die toekenning wat ons ontvang het. Tog bly die welstand van ons kliënte die kern van ons werk in die mediese afdeling. Dit is veral belangrik wanneer kliënte dringend ondersteuning nodig het, byvoorbeeld tydens mediese noodgevalle of hospitalisasie," sê Theron.
Karin Theron [email protected]
Sy skryf die span se vermoë om in sulke tye 'n verskil te maak toe aan hul hegte samewerking en bereidwilligheid om die ekstra myl vir kliënte te stap. Die mediese span vorm deel van BVSA se breër span rekenmeesters en finansiële adviseurs. BVSA bedien sedert 1998 individue, gesinne, boere en sakeondernemings regoor die land.
Onder een dak bied BVSA rekeningkunde, salarisadministrasie, belasting- en ouditdienste, asook finansiële beplanning, beleggingsadvies, lewens- en korttermynversekering, testamente, boedelbeplanning en werknemervoordele.
Christel Jansen, Malmesbury, [email protected] | Kim Grobbelaar (administrasie) Stilbaai, [email protected] | Luanne Nel, Stilbaai, [email protected] | Zelna Visser, Stilbaai, [email protected]
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’