Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Die natuurtuin van Heidelberg Kaap, wat na Culla Uys, die eerste vroueburgemeester van die dorp in die jare 70 vernoem is, is vinnig besig om in 'n lushof van plante, wandelpaadjies, stroompies en houtbruggies te verander.
Die dorp se natuurkundige, Pat Esau, het meer as 'n jaar gelede 'n uitdaging van Louise Kluys, 'n plaaslike kunstenaar, aanvaar om sy kundigheid in te span en te help om die verwaarloosde tuin te restoureer.
Deur die jare het dit so oorgroeid geraak dat die wandelpaadjies heeltemaal verdwyn, die plante gevrek en mense nie meer die tuin besoek het nie.
Esau het 'n bewusmakingsprogram begin en skole en vrywilligers betrek. Na 'n artikel oor die restourasiepoging in Suid-Kaap Forum (Oktober/November 2018) verskyn het, het die belangstelling weer opgevlam. Sy ontdekking dat die skaars Haworthia Heidelbergensis, 'n aalwynspesie wat eie aan die Heidelberg-omgewing is, in die tuin teen 'n versteekte koppie groei, het natuurliefhebbers opgewonde gehad. Die kleinerige spesie groei in die winter in mosagtige gebiede op skaduryke plekke en ondergaan 'n rusperiode in die somer.
In sy jongste plantsessie op Saterdag 4 Mei, het die getrouste vrywilligers weer opgedaag om die groot aantal skenkings van plante, blomme en struike te plant om kleur aan die tuin te probeer gee en om voëls en skoenlappers te lok. Esau het die skenkers wat die meeste van die benodigdhede, van kraalmis en vetplante, tot aalwynplantjies en vygies, bedank.
Van vroegoggend af het vrywilligers gebuk gestaan om die grond te bewerk. Esau se regterhand, Pieter Heinz, was die laaste persoon wat 28 jaar gelede voltyds vir die destydse afdelingsraad in die tuin gewerk het. Hy is 'n bron van kennis oor hoe die tuin destyds gelyk het.
Ondersteuning vir die projek stroom in. Amptenare van Hessequa-munisipaliteit het die tuin besoek en twee pragtige houtbruggies in die laerliggende dele van die tuin laat aanbring. Op steil plekke is grondtrappies, wat met houtpale versterk is, gemaak. Verskeie van die dorp se natuurliefhebbers en sakeondernemings het aangedui dat hulle bereid is om die projek met ruim skenkings te ondersteun, soos met onder meer rusbankies op strategiese plekke vanwaar die uitsig oor die tuin geniet kan word.
Intussen verwelkom Esau en sy groep vrywilligers enige hulp, insluitende die borg van 'n werker teen R150 per dag. Kontak hom vir meer inligting by 028 722 1528 of 084 555 5278.
Pat Esau, plant expert and nature enthusiast, and a group of enthusiastic volunteers assembled at the Culla Uys Nature Garden again on Saturday morning 4 May, to continue with the restoration of the garden. The project is the result of a challenge by Louise Kluyts, a local artist, to Esau to apply his knowledge of plants and gardens to restore the garden to its former glory.
An awareness campaign was started among schoolchildren and locals, and after an article on the restoration plans appeared in South Cape Forum last year, interest started to grow. Esau's appeal to nature lovers to sponsor a garden worker at R150 per day still stands. For further information please call Esau at 028 722 1529 or 084 555 5278.
Pat Esau staan by 'n voltooide plantbedding. Foto's: Alex Marshall, korrespondent
’n Groepie vrywilligers na afloop van die plantdag.
Lees 'n vorige artikel hier: Natuurtuin word opgeknap
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'