Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die natuurtuin van Heidelberg Kaap, wat na Culla Uys, die eerste vroue-burgemeester van die dorp in die jare 70 vernoem is, is vinnig besig om te omvorm in ’n lushof van plante, wandelpaadjies, stroompies en houtbruggies.
Die dorp se natuurkundige, Pat Esau, het ’n bewusmakingsprogram begin en skole en vrywilligers betrek.
Nadat ’n artikel oor die restourasiepoging in Suid-Kaap Forum (Oktober/November 2018) verskyn het, het die belangstelling weer begin toeneem.
In sy jongste plantsessie op Saterdag 4 Mei, het die getrouste vrywilligers weer opgedaag om die groot getal skenkings van plante, blomme en struike te plant om kleur aan die tuin te probeer gee, en om voëls en skoenlappers aan te lok.
Intussen verwelkom Esau en sy groep vrywilligers enige hulp, insluitende die borg van ’n werker teen R150 per dag. Vir verdere inligting kan hy by 028 722 1528 of 084 555 5278 gekontak word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'