Update
SWELLENDAM NUUSFLITS - Die moordverhoor van Virgil Pretorius van Heidelberg het Donderdagmiddag 14 Junie ten einde geloop en is hy deur regter Robert Henney gevonnis.
Dié oud-konstabel is Maandag 11 Junie op die slagoffer, Candice Alberts se verjaarsdag skuldig bevind op die aanklagte van moord met voorbedagte rade, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Sy vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie. Beide die staat en die verdediging het hul slotbetoë Dinsdag afgesluit waarin die verdediging die hof gevra het om die beskuldigde genadig te wees en ’n straf van tussen 18 en 20 jaar toe te pas.
Die staat aan die anderkant het vir die maksimum straf van lewenslank vir die moord gevra.
Lees in hierdie week se Suid-Kaap Forum wat Pretorius se vonnis was.
Lees vorige artikels:
- Pretorius skuldig aan 2 aanklagte
- Oud-Konstabel se moordverhoor begin
- Moordverhoor word uitgestel
- Moordsaak teen Virgil Pretorius uitgestel
- Moordsaak word weer uitgestel
- Moordsaak weer uitgestel
- Moordeverdagte weer in hof
- Moordebeskuldigde se borg geweier
- Vrou se lyk gevind: Borgaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'