HEIDELBERG NUUS - Die oud-polisielid wat van moord op die ma van sy 22-maande oue babaseun beskuldig word, verskyn weer Maandag 7 Augustus in die plaaslike landdroshof.
Die saak teen Virgil Pretorius (32) van Slangrivier word hervat nadat hy borgtog op 5 Junie geweier is.
Volgens kol. Jeremy Lewak, stasiebevelvoerder van Heidelberg-polisie, het Pretorius bedank en word dit as oneervolle ontslag beskou.
Die slagoffer, Candice se lyk is op 22 April sowat 1,5km vanaf die R322 (Witsand-pad) by die Renosterfontein-afdraai onder bosse gevind. Sy is glo met ’n elektriese draad verwurg en verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek.
'n Optog word blykbaar weer na die landdroshof beplan waar 'n memorandum deur die betrokke leiers aan die waarnemende landdros oorhandig sal word.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'