Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n Man wat teregstaan op moord van twee jong skooldogters wat hy na bewering verlede jaar vermoor het, het Donderdag 25 Mei vlugtig in die George-streekhof verskyn.
Timothy Michael Ova (53) word daarvan beskuldig dat hy Sharon Arries en Jacorene Vaaltyn, destyds albei nege jaar oud, na sy woning gelok en glo vermoor het. Beide was leerders van Oker Primêr, onderskeidelik in gr. 1 en gr. 3.
Die twee het op Woensdagmiddag, 21 September, vermis geraak nadat hulle net ná 18:00 na 'n huiswinkel gestap het.
Een van die lyke is later in Ova se woning onder sy bed aangetref. Sy was in ‘n kombers toegedraai. Die ander lyk is in sy agterplaas in ‘n drom gevind.
Die verhoor begin Maandag 23 Oktober in die rondgaande hooggeregshof in George.
Vorige artikels:
- Voorverhoor van Albertinia moordsaak het afgeskop
- Moordverdagte se saak uitgestel
- Verdagte in dubbelmoord bly in aanhouding
- Albertinia-inwoners ruk op na hof
- Albertinia-kindermoorde: Saak uitgestel
- Man in hof na meisies se dood
- Verdagte vas na moord op kinders
- Nege- en tienjarige weens versmoring dood
- Ligame van nege- en tien-jarige meisies gevind
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’