Update
ALBERTINIA NUUS - Die bestuur van Albertinia Rangers is hoogs ontsteld oor die vandalisme van die sportstadion en paviljoen die afgelope tyd.
Sommige van die werkers het aan Suid-Kaap Forum gesê dat kwajongens gereeld saans oor die betonmure klouter, van die betonmure breek en die vensters met klippe stukkend gooi. Volgens hulle is daar reeds verskeie kere by die kombuis ingebreek.
Calvyn Kortjé wat vir jare al by die rugbyklub betrokke is, het gesê hy kan nie verstaan hoekom die kinders soveel skade by die sportgronde aanrig nie. "Alles is tog vir die gemeenskap en ons nageslagte. Herstelwerk word aan die betonmure gedoen, maar nie lank daarna nie word daar weer 'n stuk oopgebreek," het hy gesê.
Die gemeenskap en die rugbyklub se bestuur is van voornemens om die kwaaddoeners vas te trek. Regstappe sal teen enige persoon gedoen word wat binne die perseel of op die pawiljoen betrap word.
Feitlik al die vensters by die sportgronde is stukkend gegooi. Foto: Heinrich Fortuin
Vorige artikel: Vandalisme by sportgronde
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'