ALBERTINIA NUUS - Die bestuur van Albertinia Rangers is hoogs ontsteld oor die vandalisme van die sportstadion en paviljoen die afgelope tyd.
Sommige van die werkers het aan Suid-Kaap Forum gesê dat kwajongens gereeld saans oor die betonmure klouter, van die betonmure breek en die vensters met klippe stukkend gooi.
Die gemeenskap en die rugbyklub se bestuur is van voornemens om die kwaaddoeners vas te trek en regstappe te neem.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'