Gallery Update
STILBAAI NUUS - Al begin die winterkoue byt, is daar niks soos die byt van kabeljoue om 'n man se bloed te laat bruis nie.
Die naderende winter het nou wel kabeljou-vangste 'n bietjie laat afneem, maar hierdie bielies is desondanks Dinsdag, 18 Mei in Stilbaai se waters ingekatrol.
Jan Rossouw het binne 'n paar uur vyf fris kabeljoue aangekeer. Hy hengel al langer as 70 jaar vir die blote plesier daarvan. Hy beproef sy geluk so een of twee keer 'n week met sy rubberboot in Stilbaai se vrugbare waters, maar vang ook graag tiervis, geelvis en forel met kunsvlieg.
Fotogalery: Koue keer nie kabeljoue
"Ek het geen uitsonderlike prestasies om mee te spog nie, maar dit verskaf my oneindige plesier."
Wimpie van Francis Sorour het 'n knewel van 27,5 kg uitgetrek.
Vissermanne kon met hul goeie vangste spog.
Jan Rossouw hengel vir die blote plesier daarvan.
Wimpie van Francis Sorour met 'n knewel van 27,5 kg.
En die seevoëls het geduldig vir hul deel gewag.
Vorige artikel: Goeie vangste ten spyte van koue
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'