In die eerste voorval het 'n graad 7-leerder Maandagmiddag, 6 Januarie na 'n fratsongeluk in die dorp in die hospitaal op Riversdal gesterf.
Die oorledene, Enslin Hendricks (15), die jongste van drie seuns, het volgens kapt. Bernadine Steyn, Suid-Kaap media woordvoeder, blykbaar van 'n bakkie afgeval en gesterf. Dit het omstreeks 11:45 in Meadowstraat in die gebied bekend as die Skoolkop, gebeur. Hy het glo agter op 'n bakkie van 'n boer in die dorp op 'n vrag pype gesit toe hy afgeval het. Volgens Steyn het een van die pype losgekom en hy afgeval. "Hy is kort daarna in die hospitaal oorlede". '
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Volgens sy ouers, Johnnie Afrika en Susanna Hendricks, sou Enslin die week met graad 8 by Kairos Senior Sekondêre skool begin het. "Hy het vir die vakansie gaan werk om te help met sy skoolonkostes vir die jaar," het hulle hartseer gesê. Teen saktyd was die nadoodse ondersoek nog nie gedoen nie. Benewens sy ouers, laat hy ook twee broers agter.
*Die begrafnisdiens vind Saterdag, 18 Januarie om 10:00 vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk Oos plaas.
12-jarige beland onder bakkie
In die tweede voorval het 'n 12-jarige seun Woensdagmiddag, 8 Januarie op die plaas Stuurmanskraal, sowat 30km buite Heidelberg gesterf toe 'n bakkie klaarblyklik oor hom gery het. Volgens Steyn was die oorledene, Stefan Stoffels, 'n leerder by De Waalville Primêr, saam met nog 'n seun agter op die bakkie. Sy pa, Stoffel Stoffels en die 19-jarige bestuurder, beide werkers op die plaas, het voor in die bakkie gesit. Nadat hulle gestop het, het die pa uitgeklim en sy seun en vriend het afgeklim. Die bakkie het agteruit beweeg en na bewering oor die oorledene gery. "Sy pa het hom na die daghospitaal op Heidelberg geneem, waar hy by hul aankoms dood verklaar is". Volgens Steyn is 'n strafbare manslag saak geopen vir ondersoek. Niemand is nog met die voorval in hegtenis geneem nie. Die nadoodse ondersoek was teen saktyd nog nie gedoen nie.
Die oorledene laat sy ouers, Stoffel en Johanna Stoffels en twee broers agter. Die begrafnisdiens vind Saterdag, 18 Januarie om 08:00 vanaf Alwienasingel, Joe Slovo Park en daarna om 09:00 vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk Wes plaas.
* IN SHORT
The tragic death of two young students early in the new year came as a great shock to local residents and fellow students. In the first incident, Enslin Hendricks (15), a Grade 7 student of Kairos Senior Secondary school died on Monday, 6 January after a freak accident. According to Capt. Bernadine Steyn, South Cape media spokesperson, the deceased apparently fell off a bakkie and died. A case of culpable homicide is being investigated. The funeral service is held on Saturday, 18 January 18 at 10:00 from the New Apostolic Church East.
In the second incident, Stefan Stoffels (12), a learner from De Waalville Primary school died on Wednesday, 8 January when a bakkie apparently drove over him. According to Steyn a case of culpable homicide was opened for investigation.
*The funeral service will be held on Saturday, 18 January from 08:00 at Alwiena Crescent, Joe Slovo Park and then at 09:00 from the New Apostolic Church West.
Die bedroefde broer en ouers van Enslin is van links Demitri Hendricks, Johnnie Afrika en Susanna Hendricks.

Wyle Stefan Stoffels
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'