Daar het geen noemenswaardige reën verlede week in die Riversdal-opvanggebeid uitgesak nie.
Die damvlakke van die meeste damme staan óf op óf net onder 100%, maar Olive Grove staan nou op 95 van kapasiteit.
Die jongste stand van damme:
29 April
Korentepoortdam - 100,8%
Duivenhoksdam - 100,2%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 100%
6 Mei
Korentepoortdam - 99%
Duivenhoksdam - 99,9%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’