TUINROETE NUUS - Na goeie reën die afgelope tyd is die damvlakke in die Mosselbaai-omgewing redelik konstant maar die Klipheuweldam se vlak bekommer nadat dit verlede jaar dieselfde tyd 44,69% vol was teenoor die huidige 14,38%.
Die stand van damme is as volg:
11 April
- Hartbeestkuildam - 6,58%
- Klipheuweldam - 15,86%
- Ernest Robertsondam - 100,54%
- Wolwedansdam - 87,28%
18 April
- Hartbeestkuildam - 6,49%
- Klipheuweldam - 14,38%
- Ernest Robertsondam - 100,54%
- Wolwedansdam - 87,88%
Hessequa-streek
Die jongste stand van damvlakke in die Hessequa-streek soos gemeet op 19 April is as volg:
- Korentepoortdam - 83% ná 51,8mm reën die afgelope week.
- Duivenhoksdam - 100% en die dam loop oor.
- Olive Grovedam - 50%
- Jongensfonteindam - 100%
Vorige Artikel: Damvlakke in Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'