Update
HESSEQUA NUUS - Die Brandrivier-brand, wat op 25 Januarie aan die onderkant van die Slapende Skoonheid vonk gevat het toe klippe teen die berg afgerol het, is besig om teen die hoogliggende dele van Grootvadersbosch- natuureservaat uit te woed.
Met een brandweerman, Melio van Rooy wat sy lewe opgeoffer het om die brand in sy spoor te probeer stuit, is kilometers fauna en flora reeds verwoes.
Die brand het Sondag in die rigting van Barrydale dorp toe gewoed. Net toe dit onder beheer begin lyk, het die wind die vlamme in die rigting van Grootvaderbosch gestuur. Met Oververg-rampbestuur, asook verskeie omliggende dorpe se brandweerspanne en Working on Fire op die toneel, was die vlamme buite die bereik van die brandbestryders.
Anton Bredell, Wes-Kaapse minister vir plaaslike regering en omgewingsake het Maandag, 8 Februarie gesê die brand was grootliks onder beheer toe die wind dit van rigting verander het.
"Al die beheerde brande is afgehandel soos beplan. Namate die weerstoestande verander het, is 'n ander deel van die brand deur die wind na Grootvadersbosch gewaai.
Hierdie brand bly tans ontoeganklik. Brandbestryders gaan voort met operasies rondom Barrydale terwyl die brand in Grootvadersbosch fyn dopgehou word."
Die omvang of enige beraming van die brandskade is nog onbekend.
Vorige artikels:
- Brandrivier brand woed nog op toppe
- Slapende skoonheid se vlamme bring rou
- Brandrivier-brand eis sy tol
- Berg brand toe klippe rol
- 2 Wonings in gevaar met bergbrand
- Lugsteun gereed om brand te tem
- Bergbrand by Brandrivier
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'