Update
HESSEQUA NUUS - Tuinroete-rampbestuur het om 04:00 vanoggend (Dinsdag, 26 Januarie) bevestig dat hul lugsteun-eenheid vroegoggend oor die Brandrivier-omgewing sal vlieg om ‘n situasieverslag saam te stel vir die bestryding van die heersende bergbrand in die Langeberge.
Vlieëniers is reeds sedert 04:00 gereed om hul vliegtuie na die omgewing te stuur.
Hoewel die brand as ‘onder beheer’ beskryf word, het rampbestuur bevestig dat twee huise nog in gevaar is en die brand rondom die huise gemonitor word.
Die moontlkheid dat die brand deur lugsteun geblus sal word, word as ‘n hoë prioriteit beskryf.
Tuinroete-rampbestuur is reeds sedert gistermiddag op die toneel.
Die vliegtuigloodse- en personeel sal bevestig wat brandbestryders benodig in terme van water en kos.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'