RIVERSDAL NUUS - ‘n Bergbrand is besig om in die Brandrivier-omgewing buite Riversdal te woed.
Tuinroete-rampbestuur het omstreeks 14:00 vanmiddag, 25 Januarie vanuit George vertrek om te help om die brand onder beheer te bring.
Volgens rampbestuur blyk dit asof die brand ontstaan het toe klippe van die Langeberg afgestort en teen mekaar gekap het. Dis nog onbekend of lugsteun ingeroep sal word om die brand te bestry.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar raak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'