Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - 'n Bakkie se wiele het Maandag omstreeks 13:00 voor Hoërskool Langenhoven in Kerkstraat letterlik afgekom.
Die 23-jarige bestuurder van die wit bakkie met 'n Vrystaat-registrasienommer was saam met sy niggie uit die rigting van Garciapas op pad dorp toe.
Volgens 'n polisiebeampte wat die verklaring afgeneem het, het hy gesê hy het "dalk 'n bietjie te vinnig gery".
Toe hy die stopteken sien het hy geskrik en hard gerem, maar beheer oor die bakkie verloor. Die bakkie het 'n lamppaal getref, getol en die randsteen getref, wat die agteras laat afbreek het. Hy en sy niggie was lam geskrik, maar ongedeerd. Geen ander voertuie was betrokke nie.
Hessequa-verkeer was gou op die toneel om verkeer te reël. 'n Munisipale vragmotor met 'n hyskraan het die bakkie opgelig en op die sypaadjie neergesit, vanwaar 'n insleepdiens dit verwyder het. Sowat 'n uur later was die toneel opgeruim en kon verkeer normaal vloei.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Bakkie se wiele kom af
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'