Update
ALBERTINIA NUUS - Andre Smith en sy gesin moes hul huis op die plaas Welgevonden ontruim met sommige van hul besittings.
Volgens die Eden-distriksmunisipaliteit brand verskeie lande op die Muiskraalpad tans, maar geen infrastrukture of mense is tans in gevaar nie.
Die brand in die omgewing van Albertinia is egter nog nie onder beheer nie.
“Die vuur het twee flanke, oos en wes, sowel die kop van die vuur wat oor die berg gebrand het tot in die Karoo waar strukture gebrand het. Temperature en die wind bemoeilik brandbestryding,” het Philip Wilken van die Southern Cape Fire Protection Association (SCFPA) gesê.
Personeel beskerm infrastruktuur en probeer die vuur op albei flanke op strategiese bane en paaie stop. Die probleem is egter dat die vuur bo in die berge brand waar dit onbegaanbaar is.
Die SCFPA, twee WoF-spanne en die personeel van die Garden Route-distriksmunisipaliteit brandweer, sowel as die Hessequa brandweerdiens is besig met brandbestryding.
Foto's: Verskaf
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'