Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n Huis op Rietvlei-plaas het gister (Donderdag 11 Januarie) afgebrand, terwyl groot brandskade aan die huis langsaan aan die boonste vloer aangerig is.
Die plaas is op die Herbetsdale en VanWyksdorp-afdraai, ongeveer 30km vanaf Vanwyksdorp en 47km buite Riversdal.
Die eienaar van die huis wat afgebrand het, Clarence Thornley was buite op die plaas besig om te probeer red wat te red kon word en was gelukkig nie in die huis toe dit begin brand het nie. Ria was in daardie stadium op Riversdal.
Die toegeboude strooidaklapa met braaiplek en toerusting het ook afgebrand.
Lees 'n vorige artikel: Brand steeds nie onder beheer
John en Elize Thornley se huis het groot skade opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'