Update
ALBERTINIA NUUS - Drie leerders van Westcott Primary in Diepkloof, Kaapstad is ernstig beseer in 'n ongeluk op die N2 buite Albertinia op Maandag 30 April om ongeveer 10:00.
Die ander 11 leerders wat in die bussie was wat vanaf Knysna na Diepkloof teruggekeer het na 'n sporttoer, het slegs ligte beserings opgedoen. Almal is vir observasie na Riversdal-hospitaal geneem.
"Die regteragterband het blykbaar gebars, waarna die bestuurder van die bussie beheer verloor en dit die pad verlaat het," verduidelik kapt. Susan Botha, plaaslike stasiebevelvoerder.
'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
Die bussie het in die veld langs die pad tot stilstand gekom. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
Lees 'n vorige artikel: Kinders in ongeluk beseer
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'