HEIDELBERG NUUS - Die saak teen die 28-jarige vrou wat op Dinsdag 23 Mei op aanklag van diefstal in die plaaslike landdroshof verskyn het, is tot Dinsdag 13 Junie uitgestel.
Die beskuldigde, Perchené Africa is op twee geleenthede in twee supermarkte betrap waar sy haar glo verskeie goedere geneem het sonder om te betaal.
Sy was nog op borgtog ná die eerste aanklag, wat op 12 April plaasgevind het, toe sy weer by die tweede supermark op Donderdag 4 Mei betrap is.
Die twee aanklagte van diefstal is saamgevoeg. Goedere ter waarde van bykans R2 000 is tydens die diefstal in haar besit gevind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’