Gallery Update Video
MELKHOUTFONTEIN NUUS EN VIDEO - Die sesde vredestafel op Donderdagaand 27 Februarie is wyer ondersteun as enige van die voriges, ten spyte van effens ongure weer.
Vir Jenny Olivier van Ouma Lena se Huis wat die projek fasiliteer, is dit 'n bewys van die harmonie wat plaaslik bestaan: "Die idee van die vredestafel het uit die gemeenskap vir die gemeenskap gegroei en dis 'n heeltemal geïntegreerde groep mense wat saam aansit om te eet."
Die sprekers was akteur en motiveringspreker Zane Meas, asook die kletsrymer HemelBesem. Eerw. Johan Fielies van die plaaslike Anglikaanse kerk het as seremoniemeester opgetree. Hessequa uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, asook speaker, Andrew Stroebel, en rdl. Ben Smith het die geleentheid bygewoon. In sy toespraak het Riddles sy waardering vir sulke tasbare bewyse van 'n gesindheid van omgee uitgespreek.
Fotogalery: Rekordgetalle by Vredestafel
Terwyl die donderwolke al hoe donkerder saamgepak het en die wind steeds sterker gewaai het, is borde vol smaaklike kos opgeskep. Alles is deur lede van albei gemeenskappe voorberei. Elkeen van die 1 400 gaste het hoenderstukkies, 'n broodrolletjie en aartappel-, noedel- en koolslaai ontvang.
Volgens Olivier het die planne vir volgende jaar se tafel reeds begin vorm aanneem.
Kyk 'n video hieronder:
HemelBesem het almal vasgenael laat sit.
Vorige artikel: Vredestafel lok rekordgetal mense
Die laaste sonstrale loer onder die donderwolke uit.
Almal was in ’n gesellige luim.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'