Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Kleine Pikkewyne-kleuterskool van Heidelberg het groot skade gely toe vandale Woensdagnag, 14 -15 Oktober drie van die vier toilette se deure afgebreek en gesteel het.
Die prinsipaal, Dottie Page het aan Suid-Kaap Forum gesê dat hulle erg geskok was toe hulle by die skool aankom en die skade sien.
Volgens haar het die skoolgemeenskap dit nie so breed nie, as gevolg van die impak wat die Covid-19-pandemie.
Gelukkig het 'n sakeonderneming, wat verkies om anoniem te bly, tot hul redding gekom om die deure te vervang. Hulle het ook iemand gekry wat ingestem het om die skade aan die kosyne reg te maak en die deure te hang.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte, is dit kommerwekkend dat inbrake en diefstal toeneem.
Hy doen 'n ernstige beroep op alle inwoners om nie vir diewe 'n mark te skep deur gesteelde goedere te koop nie.
Kyk 'n video hieronder:
Hier kan die skade aan die deurkosyne duidelik gesien word.
Vorige artikel: Kleuterskool toilette word geplunder
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'