Update
HEIDELBERG NUUS - Freek Cillie (44) is Vrydag 19 Oktober vyf jaar tronkstraf opgelê na hy vroeër vanjaar sy vervreemde vrou met 'n swaar ystervoorwerp aangerand het.
Cillie is skuldig bevind aan poging tot moord en in die streekshof op Riversdal gevonnis. Hy sal ten minste 'n sesde (10 maande) van die termyn uitdien en daarna onder korrektiewe toesig, onderworpe aan goeie gedrag, vrygelaat word.
Cillie se vrou het haar linkeroog verloor na hy haar op 27 Februarie met die stuk yster geslaan het.
Dié voorval het in die huiswinkel aangrensend aan hul tuiste plaasgevind. Die tenger ma van drie is ook verskeie houe oor haar kop, arms en lyf toegedien.
Die saak het voor landdros Maka Mandela gedien.
Lees vorige artikels hieronder:
- Cillie se borgtog geweier
- Aanrandingsaak uitgestel vir mediese verslag
- Saak uitgestel vir mediese verslag
- Aanrandingsaak word uitgestel vir ondersoek
- Vrou ernstig aangerand
- Man in hof na aanranding
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'