HEIDELBERG NUUSFLITS - Die man wat na bewering sy vervreemde vrou, Cynthia Cillie met ’n swaar ystervoorwerp aangerand het, het Maandag 16 April weer vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Freek Cillie staar klagtes van poging tot moord en verbreking van sy beskermingsbevel in die gesig.
Die saak is tot Maandag 21 Mei uitgestel, omdat die mediese verslag nie beskikbaar was nie.
Hy bly in aanhouding in die gevangenis op Buffeljagsrivier.
Lees meer in dié week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
Kollegas, werkers en familie van Cynthia Cillie (in die middel met bril), wys hul ondersteuning aan haar tydens hofverrigtinge.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'