HEIDELBERG NUUSFLITS - ‘n 44-jarige man het Vrydagoggend 2 Maart vlugtig in die hof verskyn nadat hy na bewering sy vervreemde vrou Dinsdagaand 27 Februarie aangerand het.
Freek Cillie (44) is deur die hof meegedeel dat hy klagtes van poging tot moord en verbreking van sy beskermingsbevel in die gesig staar.
Hy bly in aanhouding en verskyn weer op Maandag 12 Maart in die hof.
Die slagoffer, Cynthia Cillie (45) is met ’n swaar ystervoorwerp oor haar kop in die huiswinkel, aangrensend aan hul huis geslaan.
Die groep was deel van die hofgangers wat die slagoffer ondersteun het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'