HEIDELBERG NUUS - Die saak teen Freek Cillie (44) wat klagtes van poging tot moord en verbreking van sy beskermingsbevel in die gesig staar, is tot Woensdag 18 Julie uitgestel. Hy is borgtog geweier en bly nog in aanhouding.
In teenstelling met sy vorige verskynings waar daar ongeveer 80 plaaslike inwoners met plakkate teenwoordig was, was daar net 'n handjievol mense wat die hofverrigtinge bygewoon het.
Die slagoffer, Cynthia Cillie (45), is op 27 Februarie vanjaar wreed met 'n ystervoorwerp oor haar kop in die huiswinkel, aangrensend aan hul huis aangerand wat daartoe bygedra het dat sy haar linkeroog verloor het. Die tenger ma van drie is verskeie houe oor haar kop, arms en lyf toegedien.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'