Update
SWELLENDAM NUUS - Die vlak 2-waterbeperkings in die hoofdorp, Railton en Swellendam Industria is Donderdag 29 Januarie opgehef.
Die vlak van die Grootkloof 3-dam het weens hoër as normale reënval gedurende die tweede en derde week van Januarie tot 85% gestyg. Dit het ook die hittegolf, wat verdamping teweegbring, gebreek.
Vlak 2-waterbeperkings is op 15 Januarie ingestel toe die damvlak op 70% kommerwekkend laag was.
"Ons bedank almal vir hul samewerking gedurende die tydperk toe die watervlak van die dam meer as 10%, vanweë verdamping, verbruik en die vermindering van waterinvloei gedaal het," het Anton Groenewald, munisipale bestuurder gesê.
"Inwoners word egter versoek om steeds waterbewus te bly en spaarsamig met water te werk te gaan. Waterbeperkings kan weer ingestel word indien die vlak van verbruik en reënvalpatrone gedurende die somermaande die watervlak van die dam nadelig beïnvloed."
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'