SWELLENDAM NUUS - Die vlak 2-waterbeperkings in Swellendam, Railton en Swellendam Industria is Donderdag 29 Januarie opgehef.
Dit volg na die vlak van die Grootkloof 3-dam weens hoër as normale reënval gedurende die tweede en derde week van Januarie tot 85% gestyg het.
Die stadsvaders het vlak 2-waterbeperkings op 15 Januarie ingestel toe die damvlak op 70% kommerwekkend laag was.
Dié beperkings is ingestel omdat verbruikers nie ag geslaan het op vlak 1-beperkings wat op 6 Januarie ingestel is nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'