Gallery
HESSEQUA NUUS - Die streek is geseën met groot hoeveelhede reën wat vanaf Dinsdag 14 tot Donderdag 16 November uitgesak het en weer Dinsdag 21 November.
Volgens Suid-Kaap Forum se korrespondent op Riversdal, Keith Eksteen, is 72 mm tot Donderdag gemeet.
In Kerkstraat het die water die stormwaterdreindeksel opgelig omdat dit nie die druk kon hanteer nie.
Selfs die koerant se gruisklippies in die voortuin was heeltemal onder water, hoewel dit vinnig weggespoel het.
Geen skade is tot dusver aan ons gerapporteer nie en na die lang droogte is almal dankbaar vir die welkome reën.
Die damme in die streek het almal met meer as 10% gestyg (sien volledige lesings in die dagboek).
Hoofweg in Riversdal was Dinsdag 14 November sommer blitsig onder water. Foto: Wilma Adamson
Op ons Facebook-blad het verskeie mense laat weet hoeveel reën by hulle gemeet is:
14 November:
13:25 Anzette Geel - 15 mm net buite Riversdal,
13:30 Japie de Jager - 20 mm by Langezicht,
15:54 Estelle Greef Erasmus - tot dusver 25 mm op Albertinia,
21:01 Betsie van Noordwyk - 36 mm by Oudemuragie, Riversdal
15 November:
05:35 Betsie van Noordwyk - vanoggend op 41 mm,
05:59 Pieter de Kock - 65 mm op Dagbreek, Albertinia,
05:57 Elise Venter - Heidelberg in 24 uur 68 mm,
08:49 Louise Mouton-Botha - 60 mm op Stilbaai,
09:11 Yolandie van Zyl Cronje - 74 mm op Swartwater, Albertinia,
09:28 Japie de Jager - in Langezicht 50mm,
09:28 Sonja van Niekerk Rautenbach - Stilbaai-Wes 55 mm,
09:37 Willie Matthee - Stilbaai 60 mm vanoggend om 08h00,
09:40 Salome Scholtz - op Vermaaklikheid 54mm, maar baie meer na see se kant,
10:07 Danwil Platjies - Vetterivier 50 mm,
12:53 Jetske Fouche - 59 mm hawegebied, Stilbaai,
13:40 Johannes Olckers - Sleeping Beauty 52 mm,
13:45 Maude Potgieter Bester - 55 mm Stilbaai-Oos,
15:59 Eugene du Toit - Swellendam 130 mm,
15:59 Chris Coetzee - 50 mm in Albertinia,
20:52 Dewal van der Heever - 75 mm by my in Heidelberg,
21:09 Chantelle Keyter - 45 tot 50 mm in Heiderand, Mosselbaai,
22:00 Elna Crafford - 4 mm Legato, Durbanville.
16 November:
05:54 Carol Britz - Swellendam oor 120 mm,
06:33 Estelle Greef Erasmus - 55 mm in Albertinia
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Tuinroete, Karoo nuus'