Gallery Update
STILBAAI NUUS - Tydens Eden-hengelvereniging se sesde ligakompetisie het Stilbaai-klub die beste gevaar.
Dié kompetisie het op 2 Februarie by Boggomsbaai plaasgevind. Hengelaars het by Stoepsit bymekaargekom en is van 07:00 tot 15:00 tyd gegun om te hengel.
Mariette Westraad van Stilbaai is met 32.59 punte as die top-vrouehengelaar van die dag aangewys. Die groot meester was Willie Vorster, ook van Stilbaai met 25.73 punte.
Die grootste oneetbare vis,'n bulrog (pylstert) van 54,36 kg, is deur Kyle Small van Knysna ingeweeg. Mark Bester van Outeniqua-klub in George het die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 10,87 kg, geland. Kyle Small van Knysna is as die top-hengelaar van die dag aangewys. Juanco Boshoff van Triton-klub in Mosselbaai is die top-o.16-hengelaar met 27.40 punte. Die top-o.21-hengelaar is Kyle Small van Knysna met 69.44 punte. Die topmeester is Jacobus de Jager van Atlantic-klub met 45.78 punte. Alle visse is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Die volgende kompetisie vind op 23 Februarie tussen Wildernis en Sedgefield plaas.
Puntestand
A-liga
Stilbaai - 708.18
Knysna - 595.44
Outeniqua - 577.72
Triton - 573.81
George - 530.93
Atlantic - 530.33
Mosselbaai - 183.13
B-liga
Stilbaai - 441.04
Triton - 402.24
Knysna - 286.79
Outeniqua - 274.79
George - 268.59
Atlantic - 231.34
Mosselbaai - 117.48
C-liga
George - 140.38
Knysna - 70.55
Atlantic - 62.07
Outeniqua - 49.38
Triton - 34.03
Stilbaai - 27.85
Lees 'n vorige artikel hier: Stilbaaiers katrol meeste punte in
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'