Gallery
STILBAAI NUUS - Tydens Eden-hengelassosiasie se sesde liga kompetisie het Stilbaaiklub die beste gevaar.
Dié kompetisie het by Boggomsbaai op 2 Februarie plaasgevind.
Hengelaars het by Stoepsit bymekaar gekom waar hulle vanaf 07:00 tot 15:00 tyd gegun is om te hengel.
Marriette Westraadt van Stilbaai is met 32.59 punte as die top vroue hengelaar van die dag aangewys.
Die groot meester was Willie Vorster, ook van Stilbaai met 25.73 punte. Die top meester is Jacobus de Jager van Atlanticklub met 45.78 punte.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'