STILBAAI NUUS - 'n Brand het op Dinsdag 31 Julie op die De Jager plaas ontstaan en geen nalatigheid word vermoed nie.
Weens sterk wind het die vuur oor die brandbaan gespring en verder versprei. Landbouers sowel as Eden-brandweer het saamgespan om te help en die reën het ook bygedra om die vuur vinnig te blus.
Eden Brandweer was deurlopend op die toneel en is geen strukturele skade of beserings aangemeld nie. Hessequa-brandweer het gereageer vanaf 'n beheerde brand in Stilbaai. Hulle het ook bevestig dat Eden-brandweer by 'n brand naby Blombos was.
Volgens Susan Geldenhuys, munisipale woordvoerder, is die brand onder beheer gebring en is die oorsaak daarvan nog nie bekend nie.
Lees 'n vorige artikel: Brande in Blombos-omgewing
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'